https://www.youtube.com/channel/UC3RSDarfkvvV3IBAbdp0utQhttps://sacoronavirus.co.za/http://www.im-info.co.za/http://www.integrated-marketing.co.za/

Kom stap Camino van die Sandsteenkerke en help kinders voed

Hannes Noëth - CaminoHannes Noëth - Camino
Hannes Noëth - CaminoHannes Noëth - Camino

Kom stap Camino van die Sandsteenkerke en help kinders voed

Die Klein-Karoo, 'n streek vol stories en pragtige sandsteenkerke, katedrale en sinagoges, bied 'n unieke geleentheid vir diegene wat hul siel wil voed en terselfdertyd 'n verskil in die lewens van kinders wil maak.

Die Camino van die Sandsteenkerke, 'n spirituele reistog van tussen 65km – 70km, vind plaas van 18 tot 21 Junie saam met Hannes Noëth, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand, as spesiale gas wat die roete gaan saam aandurf.

“Ek sien daarna uit om hierdie spesiale roete te stap. Die Camino van die Sandsteenkerke bied nie net voedsel vir die siel nie, maar ondersteun onder meer ook Solidariteit Helpende Hand se voedingskemas wat daagliks meer as 8 000 kleuters van etes voorsien,” sê Noëth.

Noëth is 'n bekende figuur en skrywer in die Afrikaanse gemeenskap. Hy het teologie gestudeer en was leraar by verskeie gemeentes. Hy dien ook op die direksies van die Erfenisstigting, die Voortrekkermonument, die Solidariteit Bewegingstrust, die Federasie van Afrikaanse en die Kultuurvereniginge (FAK). Sy passie vir die welvaart van die Afrikaner, sy geloof en sy gesin dryf sy roeping.

Die reis begin met die verkenning van Oudtshoorn se volstruispaleise, sinagoge en die historiese St. Saviour Katedraal. Deelnemers stap deur pragtige landskappe, ervaar die wonders van die Rust en Vrede Waterval, en geniet olyfproe by De Rustica Olyfplaas.

“Die doel van die pelgrimstog is om 'n geestelike, fisiese en emosionele ervaring te bied wat die pelgrims nader aan hulself, mekaar, die natuurskoon en God bring. Die einddoel is om die nodige geld in te samel vir verskeie projekte van Solidariteit Helpende Hand Wes-Kaap-streek, soos die Kosblikkie-projek, om Afrikaanse gemeenskappe te ontwikkel en te versterk,” voeg Noëth by.

Moenie hierdie unieke geleentheid misloop nie. Daar is net 30 plekke beskikbaar. Lede van enige instelling binne die Solidariteit Beweging, kry 10% afslag. Bespreek nou jou plek en stap saam om 'n verskil te maak. Besoek www.kleinkaroocamino.co.za

Uitgereik deur Solidariteit Helpende Hand: www.helpendehand.co.za
Phillip Bruwer
 Mediaskakelbeampte
Sel: 081 374 5043
E-pos: phillip@helpendehand.co.za

Hannes Noëth - Camino